3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
DIE BELANGRIKHEID VAN ‘N GELDIGE TESTAMENT

DIE BELANGRIKHEID VAN ‘N GELDIGE TESTAMENT

1June 2, 2025June 2, 2025
By FHBCIn Estates and Trusts

Volgens statistiek beskik ‘n verbasend groot persentasie van Suid-Afrikaners en professionele individue nie oor testamente of geldige testamente nie.  Die gevolge van hierdie situasie word foutiewelik baie ligtelik opgeneem.

Indien ‘n persoon sonder ‘n geldige testament te sterwe sou kom, sal sy/haar boedel volgens die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987 verdeel word.

Behalwe dat die benoeming van ‘n geskikte eksekuteur tot vertragings kan lei is intestate (sonder testament) vererwing in meeste gevalle ‘n ingewikkelde en onnodige gekompliseerde proses, wat verhoed kon word indien daar wel ‘n geldige testament bestaan het, waarvolgens ‘n boedel afgehandel kon word.

Slegs ouers, kinders of gades van ‘n oorledene sal kwalifiseer om sonder die lewering van sekuriteit as eksekuteur benoem en aangestel te word.  In baie gevalle skep dit reeds vroeg in die administrasie-proses wrywing, aangesien die kinders byvoorbeeld nie onderling kan besluit oor wie van hulle moontlik as eksekuteur aangestel moet word nie.

Indien ‘n buite-party of firma as eksekuteur aangestel word, moet die benoemde eksekuteur sekuriteit vir sy benoeming verskaf en dit het addissionele kostes tot gevolg.

Die Wet op Intestate Erfopvolging kan ook moeilik wees om te interpreteer vir individue wat nie vertroud is met die Wetgewing en administrasie van intestate boedels nie, wat gevolglik kan lei tot verkeerde advies, wat nie net addissionele kostes tot gevolg kan hê nie, maar ook sal lei tot onnodige vertragings.

Om ’n testament te hê, gee rigting vir die bestuur van u boedelbates.  ‘n Testament gee egter net ‘n aanduiding van hoe die bates versprei moet word.  Dit is dus raadsaam om ‘n testament te laat opstel deur ‘n persoon of instansie wat ook leiding kan bied ten opsigte van die ontleding van u boedel.  Dit verseker dat die testament nie net aan u behoeftes voldoen nie, maar ook Boedelbelasting en/of Kapitaalwinsbelasting so effektief moontlik aanspreek.

Daar is deesdae so baie faktore wat aanleiding gee tot die vertragings in die administrasie-proses van ‘n boedel dat u ten alle kostes moet verseker dat u oor ‘n geldige testament beskik, om ten minste sover moontlik te verhoed dat intestate vererwing nie die standaard proses en prosedures nog verder vertraag nie.

Dit is dus duidelik dat dit raadsaam is om u testament- en boedelsake in orde te kry of indien u wel ‘n testament het, seker te maak dat die dokument nog u behoeftes korrek aanspreek.

Kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za met enige navrae.

WHAT IS TAX COMPLIANCE?PERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services