3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
BAANBREKER HOFSAAK: U WENSE IN U HUWELIKSVOORWAARDEKONTRAK DALK IN GEDRANG

BAANBREKER HOFSAAK: U WENSE IN U HUWELIKSVOORWAARDEKONTRAK DALK IN GEDRANG

4June 5, 2024June 13, 2024
By FHBCIn Estates and Trusts

Om buite gemeenskap van goedere getroud te wees sonder die aanwas beteken dat elke gade sy bates onafhanklik behou en by die ontbinding van die huwelik, as gevolg van dood of egskeiding, nie deel het in die groei van die ander gade se boedel nie. Wanneer een van die gades oorlede is, word slegs die oorledene se boedel onder die administrasie van ’n Eksekuteur geplaas.

Op 10 Oktober 2023 het die Konstitutionele Hof ’n uitspraak gelewer op twee aansoeke waarin die hof Artikel 7(3) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979 (verder hierin verwys na “Artikel 7(3)”) ongeldig en ongrondwetlik verklaar het.

Artikel 7(3) bepaal dat waar gades wat buite gemeenskap van goedere getroud is, skei, die egskeidingshof ’n billike bevel kan maak dat bates van die een gade na die ander oorgedra word (“herverdelingsbevel”). Dit geld wanneer die een gade direk of indirek bydra tot die onderhoud en die groei van die ander gade se boedel. Hierdie remedie is/was slegs beskikbaar waar die huwelik voor 1 November 1984 gesluit is.

Met die inwerkingtreding van die aanwasbedeling is Artikel 7(3) gewysig om gades toe te laat wat voor 1 November 1984 buite gemeenskap van goedere getroud was (wat dus nie die opsie van die aanwasbedeling gehad het nie), en wat deur ’n egskeiding gaan die opsie te gee om by die hof aansoek te doen vir ’n herverdelingsbevel.

Die eerste aansoek is gebring deur die Eksekutrise van ’n boedel namens die langslewende gade Mev B, wat gesteun het op die feit dat Artikel 7(3) onbillik diskrimineer omdat dit net voorsiening maak vir huwelike wat deur egskeiding ontbind word en nie op huwelike wat deur die dood ontbind nie.

Die agtergrond van die aansoek is dat Mev B besig was om van haar man, Mnr B, te skei. Hulle was buite gemeenskap van goedere getroud. Mnr B is oorlede tydens die ekskeidingsproses wat die egskeiding toe outomaties ontbind het en Artikel 7(3) kon toe nie meer as ’n remedie gebruik word nie.

Die beweerde grond van ongrondwetlikheid in die tweede aansoek was dat Artikel 7(3)(a) net voorsiening maak vir huwelike voor 1 November 1984 en nie vir huwelike wat daarna gesluit is nie.

In beide hierdie aansoeke is bevind dat Artikel 7(3) ongeldig en ongrondwetlik is. In die lig van die Konstitutionele Hof se uitspraak kan die advieskomitee moontlik wysigings maak aan Artikel 7(3) wat alle partye wat buite gemeenskap van goedere getroud is sonder die aanwas toelaat om by die hof aansoek te doen vir ’n herverdelingsbevel ongeag of die huwelik eindig as gevolg van dood of egskeiding en of die huwelik gesluit is voor of na 1 November 1984.

Vir ’n tydperk van 24 maande vanaf die uitspraak gelewer is word die ongeldigheidsverklaring opgeskort sodat die Parlement kan voorsiening maak vir moontlike gapings of teenstrydighede met die Grondwet wat die nuwe uitspraak tot gevolg kan hê. Gedurende hierdie tydperk moet die Huweliksgoedere Wet gelees word gebaseer op Artikel 36A wat voorsiening maak vir bate oordrag by ontbinding van die huwelik deur die dood.

Let wel dat die tussentydse bepaling nie bestorwe boedels sal beïnvloed wat teen die datum van die bevel, gefinaliseer is nie.

Die uitspraak van 10 Oktober 2023 sal gades wat hulself in finansiële kwesbare posisies bevind , wanneer hul huwelike buite gemeenskap van goedere sonder die aanwas, as gevolg van dood of egskeiding tot ’n einde kom, bevoordeel.

Manlik of vroulik, dit blyk dat u nie-finansiële bydraes tot die huwelik en gesamentlike huishouding tog monitêre waarde dra en dat u sal kan aansoek doen vir ’n billike herverdelingsbevel selfs al bevind u uself in ’n huwelik: buite gemeenskap van goedere sonder die aanwas.

FHBC kan u help om die herverdelingsbevel soos toegestaan deur die hof as eis teen u oorlede gade se boedel in te dien. Kontak ons gerus: Elaine Breet by elaine@fhbc.co.za, Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

Indien u verder wil lees oor die baanbreker uitspraak, volg gerus die skakel: https://www.saflii.org/za/cases/ZACC/2023/32.html

Source Reference:

https://www.saflii.org/za/cases/ZACC/2023/32.html

AN ANTI-HARASSMENT POLICY AS PART OF CREATING A SAFE WORKING ENVIRONMENTCOIDA ANNUAL RETURN OF EARNINGS (ROE) SUBMISSIONS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services