3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
TIPIESE PROBLEME WAT IN DIE BEREDDERINGSPROSES KAN VOORKOM

TIPIESE PROBLEME WAT IN DIE BEREDDERINGSPROSES KAN VOORKOM

1April 8, 2024April 9, 2024
By FHBCIn Estates and Trusts

DIE VOLGENDE IS TIPIESE PROBLEME WAT IN DIE BEREDDERINGSPROSES KAN VOORKOM:

    1. KONTANTTEKORTE:
      1. Voorsiening moet gemaak word vir voldoende kontant in die boedel om onkostes te betaal soos bv. uitstaande belastings, boedel se administrasiekostes, krediteure, eksekuteursfooie, meestersgelde, ens.
      2. Geen kontant of ander bates mag deur die Eksekuteur uitbetaal of oorgeplaas word totdat hy nie seker is dat daar geen kontanttekorte gaan wees nie.
      3. Indien daar nie voldoende kontant beskikbaar is nie, kan dit tot gevolg hê dat die Eksekuteur die ander boedelbates, soos byvoorbeeld ‘n huis, moet verkoop om kontant in die boedel te kry.
      4. Daar kan ook van die erfgename verwag word om ‘n kontantbydrae te maak indien hulle nie wil hê dat die Eksekuteur die vaste bates moet verkoop nie.
      5. Die kontanttekort kan tot ‘n mate beperk word deur voldoende lewensversekering te hê waarvan u boedel as begunstigde benoem is.

       

      Dit is dus belangrik om kundige advies te kry om seker te maak dat daar wel genoeg kontant in u boedel beskikbaar gaan wees by afsterwe.

    2. SWAK DIENSLEWERING:
      1. Die Eksekuteur is van onder andere die volgende instellings en organisasies afhanklik om hul werk te doen.
        • Die Meester van die Hoë Hof;
        • Die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste;
        • Akteskantore;
        • Versekeringsmaatskappye;
        • Banke en ander finansiële instellings;

       

      Ongekwalifiseerde/onbevoegde eksekuteur – dit maak nie prakties sin om ‘n kennis, firma of ander familielid wat geen idee het van die boedelberedderingsproses aan te stel as Eksekuteur nie, of ten minste die benoemde persoon in te lig dat hulle ‘n kundige persoon of firma as agent kan benoem en aanstel en die eksekuteursvergoeding kan onderhandel.

    3. ONDERHOUDSEISE:
      1. Eise weens ‘n egskeidingsbevel en onderhoud van langslewende gades en afhanklikes kan soms maande duur om tussen die partye te skik.
      2. Dit kan meestal vermy word as al die voorwaardes van ‘n skikkingsooreenkoms gedurende die leeftyd van die erflater nagekom was.
    4. TWIS TUSSEN ERFGENAME:
      1. ‘n Erfenis is ‘n voorreg en nie ‘n reg nie, maar dit veroorsaak gereeld struwelinge tussen familielede omdat testamentêre bepalings nie duidelik in die Testament verwoord is nie en sodoende onsekerheid en wrywing tussen erfgename laat ontstaan.
    5. TESTAMENTÊRE TRUSTS:
      1. Maak sover as moontlik seker dat jy bevoegde en gewillige persone as Trustees aanstel.
      2. Probeer ook om altyd ten minste een onafhanklike en professionele persoon as Trustee aan te stel – dit is gewoonlik ‘n goeie idee om die Eksekuteur, mits dit ‘n professionele persoon of instansie is, as onafhanklike Trustee te benoem.
    6. DIVERSE PROBLEME WAT ONDERVIND KAN WORD:
      1. Is erfgename bekend en opspoorbaar;
      2. Is die Eksekuteur ‘n bekende persoon of instansie wat opgespoor kan word en kort na afsterwe in staat sal wees om beheer te neem van die boedelbates en uitvoering van die Testament;
      3. Erfgename wat voor u te sterwe kom – gereelde hersiening van u testament is dus belangrik;
      4. Erfgename wat afstand doen van hulle erfporsie en nie deeglik kennis neem van die implikasies en gevolge van afstanddoening nie;
      5. Vooroorlede gades of geskeides – Hierdie inligting moet aan die Eksekuteur beskikbaar gestel word, aangesien daar boedelbelasting-kortings is wat kan oorrol na die langslewende se boedel en die Eksekuteur ook moet seker maak of daar nie onafgehandelde onderhouds-eise bestaan nie.

Die meeste van die voorafgaande probleme kan vermy word deur u testament gereeld te laat hersien en ‘n kundige persoon of instansie as Eksekuteur te benoem.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

DIRECT THEFT OF TAXPAYERS’ INCOME TAX REFUNDS ON THE INCREASE – BE VIGILANT!PERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services