3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
TESTAMENT EN MINDERJARIGE ERFGENAME

TESTAMENT EN MINDERJARIGE ERFGENAME

1July 31, 2023July 31, 2023
By FHBCIn Estates and Trusts

Niks is nader aan ‘n ouer se hart as die veiligheid, geluk en welstand van hul kinders nie.

Dit is moeilik om te glo dat u as ouer nie noodwendig meer gaan leef om te sien hoe u kind(ers) volwassenheid bereik, trou en hul eie kinders sal hê nie, maar dit is ongelukkig nie vir almal beskore nie.

Baie families word met hierdie hartverskeurende situasie gekonfronteer en die belangrikheid van korrekte testament-beplanning kan dus nie genoeg beklemtoon word nie en is die toekoms van ‘n minderjarige kind(ers) afhanklik van deeglike en korrekte beplanning deur sy/haar ouers.

Statistiek dui juis daarop dat slegs ongeveer 30% van volwasse Suid-Afrikaners ‘n geldige Testament in plek het.

Dit is vanselfsprekend dat ‘n Testament deeglike voorsiening moet maak vir kinders wat nog nie ouderdom van meerderjarigheid bereik het nie.

Hierdie meestal eenvoudige, maar belangrike dokument laat u toe om u wense duidelik uiteen te sit en te bepaal wie wat erf en hoe die verdeling moet plaasvind.

Minderjarige kinders (onder die ouderdom van 18) kan nie bates direk erf nie.

Indien ‘n Testament dus nie voorsiening maak dat ‘n minderjarige erfgenaam se erfenis onder die beheer van Trustees in ‘n Trust geplaas en geadministreer moet word nie, sal dit beteken dat enige bemakings aan sodanige erfgename betaalbaar sal wees aan die Meester se Voogdyfonds vir bewaring totdat die erfgename meerderjarige ouderdom bereik.

Om voordele/onderhoud uit hierdie fonds te eis is ‘n moeisame en uiters frustrerende proses waaraan ‘n mens nie die Voogde, en by implikasies ook u kinders, wil onderwerp nie.

Met deeglike testament-beplanning kan hierdie situasie vermy word en kan die Testament so opgestel word om duidelik voorsiening te maak dat minderjarige erfgename se erfenisse in ‘n Trust geplaas word en dat daar duidelike instruksies aan die Trustees gegee word oor hoe die Trustfondse tot die beste voordeel van die betrokke trustbevoordeeldes beheer en bestuur kan word.

Ons het kundige personeel wat u kan bystaan met professionele diens met die korrekte opstel van ‘n Testament, wat ook sal verseker dat u behoeftes korrek aangespreek word.

Vir hulp, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

12 FREQUENTLY ASKED QUESTIONS ABOUT SARS AUTO-ASSESSMENTS FOR THE 2023 YEAR OF ASSESSMENTPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services