3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
REG OF WEG MET SPESIALE BEMAKINGS

REG OF WEG MET SPESIALE BEMAKINGS

0April 17, 2023April 18, 2023
By FHBCIn Estates and Trusts

Dit kan gebeur dat u ‘n bate (legaat) wat u in u testament spesifiek aan ‘n persoon of instansie bemaak, voor u afsterwe vervreem deur dit byvoorbeeld te verkoop of te skenk en die betrokke bate dus ten tye van u afsterwe nie meer in u boedel bestaan vir u erfgenaam om ontvangs daarvan te neem nie.

Die regsterm vir hierdie beginsel is adempsie, ‘n stilswyende herroeping van ‘n legaat waar ‘n testateur of testatrise vrywillig die legaat gedurende sy of haar leeftyd vervreem sodat die legaat van geen waarde is en dus verval.

As ‘n Ma byvoorbeeld ‘n huis vir haar seun in haar testament nalaat, maar die huis voor haar afsterwe verkoop, kan die seun nie die huis ontvang nie, want die enigste huis wat sy by tye van ondertekening van die testament besit het en waarna daar dus met die legaat in die testament verwys word, was by tye van afsterwe nie meer in haar boedel nie.  Die seun is verdermeer nie geregtig op die opbrengs van die huis nie omdat die vorm so verander het dat dit nie meer in die testament beskryf word nie.

Alhoewel dit in sommige gevalle voor die hand liggend is, kan dit soms onduidelik wees of ‘n gegewe verandering in die legaat waarna daar in die testament verwys word, adempsie tot gevolg het.  In gevalle soos hierdie is howe geneig om te kyk na die bedoeling van die testateur of testatrise sodat bepaal kan word of die erfgenaam steeds, ten spyte van ‘n verandering in die legaat wat bemaak was, ontvangs daarvan kan neem.

‘n Uitsondering op die beginsel van adempsie sou wees as dit uit die testament blyk of selfs ook uit ekstrinsieke getuienis, dat die testateur of testatrise nog steeds bedoel het om die erfgenaam spesifiek te bevoordeel.  In so ‘n geval kan die erfgenaam geregtig wees op die opbrengs van die verkoping van die legaat of die bate waarmee die aanvanklike legaat vervang was.

‘n Verdere voorbeeld van ‘n uitsondering op adempsie is waar ‘n Pa sy motorvoertuig aan sy seun nalaat, maar enkele weke voor sy afterwe met die betrokke motorvoertuig in ‘n ongeluk betrokke is.  Sy seun sal dan op die opbrengs van die versekeringspolis vir die vervanging van die motorvoertuig geregtig word.

Dit is dus belangrik dat u testament op datum gehou word in ooreenstemming met enige verandering in u batestruktuur wat u boedelbepalnning en die bemaking van legate in u testament kan beïnvloed.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

BELASTINGAFTREKBAARHEID VAN SKENKINGS: WYSIGINGS T.O.V. ARTIKEL 18A SERTIFIKATE WAARVAN LIEFDADIGHEIDSORGANISASIES EN SKENKERS VAN KENNIS MOET NEEMPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services