3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
MEESTERSKANTOOR, WATTER MEESTERSKANTOOR?

MEESTERSKANTOOR, WATTER MEESTERSKANTOOR?

1November 2, 2021November 3, 2021
By FHBCIn Estates and Trusts

Tans word daar geweldige probleme met Meesterskantore met die uitreiking van Eksekuteursbriewe, registrasie van nuwe Trusts en wysiging van Trustees op Trusts ondervind.

Ons ondervind tans geweldige uitdagings met Meesterskantore met die uitreiking van Eksekuteursbriewe, registrasie van nuwe Trusts en wysiging van Trustees op Trusts en ons reken dit is nodig om meer inligting te verskaf aan kliënte wat nie oor die volle agtergrond beskik nie.

Die onderstaande is ‘n uittreksel uit ‘n artikel wat op 7 Oktober 2021 in Netwerk 24 verskyn het en wat bietjie meer lig werp op die huidige stand van sake by Meesterskantore reg oor die land.

“Die Departement van Justisie het vroeg in September onder ‘n kuberaanval deurgeloop wat ook die meesterskantore se dienste beïnvloed.  Volgens Steve Mahlangu, woordvoerder van die Departement, spook hulle steeds om die stelsel te herstel.

Dit is ook haas onmoontlik om ‘n kantoor telefonies te bereik. Netwerk24 het 16 kantore in die land gebel sonder enige sukses.

In Bloemfontein en Thohoyandou (Limpopo) bestaan die nommers nie meer nie.

Die Meester van die Hooggeregshof in Bhisho (Oos-Kaap) se foon het gewerk, maar hul stelsel was nie aanlyn nie.

“Dis mos gehack”, het die ontvangsdame gesê.

Die Meesterskantore in Kimberley (Noord-Kaap) en Mthatha (Oos-Kaap) was in dieselfde penarie.

In Pietermaritzburg (KwaZulu-Natal) het ‘n blikstem geantwoord en gesê geen stempos kan aanvaar word nie.

Die oorblywende tien kantore se nommers het onbeantwoord gebly.

Die Pretoria-prokureursvereniging ontvang tans baie klagtes en versoeke om te help om die Meesterskantoor so ver te kry om aanstellings te maak.

Daar is tans 28 mandamus-aansoeke ingedien.  Dit is dringende aansoeke wat by ‘n hof ingedien word vir ‘n bevel wat die Meesterskantoor dwing om sy werk te doen.

Sulke aansoeke kos minstens R30 000 en die minister word dikwels ‘n kostebevel as straf opgelê.

Dus betaal die belastingbetaling uiteindelik vir die meesterskantore se rompslomp.

Dit help ook nie om enige van die kantore te besoek nie.  Personeellede werk sedert die uitbreking van die koronaviruspandemie van die huis af, en lêers is glo altyd soek”.

Indien daar enige navrae is, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

NEWS YOU CAN USE – SARSPersoneel

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services