3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
U TESTAMENT IS DEEL VAN U FINANSIËLE PLAN

U TESTAMENT IS DEEL VAN U FINANSIËLE PLAN

0October 12, 2021October 12, 2021
By FHBC CONSULTING WINELANDSIn Estates and Trusts

Waarom moet u ʼn geldige testament opstel?

Die opstel van ʼn testament gaan oor die beheer van u boedel en die versorging van diegene wat u agterlaat.  Deur ʼn geldige testament in plek te kry, vermy u onbedoelde gevolge na u dood.  U besluit hoe u boedel verdeel moet word. As u sonder ʼn testament sterf, is daar geen waarborg dat u wense uitgevoer sal word nie.  Daarom is dit uiters belangrik dat dit korrek opgestel word en uitvoerbaar is, sodat die eksekuteur van u boedel weet wie u bates moet erf.

Dit is nie maklik om te praat oor en te beplan vir die dood nie.  Dit kan intimiderend en ontstellend wees, maar is iets waaraan u prioriteit moet gee ter wille van u geliefdes.  Die dood is onvermydelik, maar die wete dat u ʼn geldige testament in plek het, sal u geliefdes gemoedsrus gee, want hulle sal ʼn duidelike gids hê oor die hantering van u bates na u afsterwe.

ʼn Geldige testament hou ook baie ander voordele in.  Een van die beste maniere om minderjarige kinders of bejaardes te beskerm, is deur ʼn testamentêre trust.  Hierdie trust tree eers in werking wanneer u sterf en vorm deel van u testament.  U kan die trustees benoem wat u wil aanstel om na die kinders of bejaardes se daaglikse behoeftes om te sien en hul geldsake te bestuur.  ʼn Testament kan ook volwasse kinders beskerm in die geval van egskeiding of insolvensie, mits die testament korrek opgestel is.

Deur ʼn eksekuteur in die testament te benoem, besluit u wie verantwoordelik sal wees vir die administrasie van u boedel en kan u nou reeds ʼn billike fooi onderhandel.  Die Meester van die Hooggeregshof besluit oor en stel die eksekuteur aan.  Aangesien die eksekuteur die grootste rol speel in die administrasie van u boedel, moet u seker maak dat u iemand benoem wat eerlik, betroubaar en georganiseerd is (nie noodwendig ʼn familielid nie, gegewe die verskillende wette en reëls wat geld).
ʼn Geldige en uitvoerbare testament vorm ook deel van boedelbeplanning omdat dit moontlike kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting kan beperk, maar dit is belangrik dat ʼn testament so gou as moontlik opgestel en gereeld hersien word.

ʼn Geldige testament gee u ook die geleentheid om belangrike besluite oor mediese sorg uiteen te sit, vir wanneer u nie in staat is om u wense te kommunikeer nie.

Wat is die gevolge as u nie ʼn geldige testament het nie?

U verbeur die geleentheid om te besluit wie moet erf.  U boedel sal volgens die reëls van intestate erfopvolging verdeel word, wat geen waarborg bied dat u bates volgens u wense verdeel sal word nie.  Indien u nie getroud is nie, moet u voorsiening maak vir u lewensmaat.  Boonop kan die intestate verdeling kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting tot gevolg hê, wat vermy kon gewees het met ʼn weldeurdagte testament.

Indien daar nie ʼn geldige testament is nie, kan minderjarige kinders se erfgeld in die regering se Voogdyfonds inbetaal word, of oorgedra word aan die voog.  Familietwis kom dikwels voor wanneer familielede stry oor die verdeling van ʼn boedel wanneer finale wense nie duidelik in ʼn testament gedokumenteer word nie.  Dit kan duur regsgedinge tot gevolg hê, wat die afhandeling van die boedel met jare kan vertraag.

Suid-Afrikaners het die voorreg om ʼn testament op te stel, en alhoewel “testeervryheid” (vryheid van erflating) nie onbeperk is nie, glo ons by FHBC dat elke persoon ook die verantwoordelikheid het om ʼn geldige testament te laat opstel.

Besoek gerus ons webtuiste vir meer inligting oor ons dienste (www.fhbc.co.za) of kontak die volgende persone:

Marius Vorster in Wellington by mvorster@fhbc.co.za
Morné van Niekerk in die Paarl by morne@fhbc.co.za

TAX EXEMPTION BURSARIESPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services