3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
VERGOEDINGSKOMMISSARIS SLUIT NOU OOK HUISWERKERS IN

VERGOEDINGSKOMMISSARIS SLUIT NOU OOK HUISWERKERS IN

4April 8, 2021May 4, 2021
By FHBCIn Tax Compliance and Administration

Huiswerkers is nou geregtig om by die Vergoedingskommissaris (WCA) te eis.

  • Huiswerkers kan aansoek doen by WCA in geval van ‘n besering, siekte of afsterwe aan diens.
  • Werkgewers van huiswerkers moet registreer by WCA en die jaarlikse assesserings fooie betaal, gebaseer op die werknemer se jaarlikse vergoeding.
  • Werkgewers mag nie geld van die huiswerker se vergoeding aftrek om by te dra tot WCA nie.
  • Werkgewers wat nie by WCA registreer nie kan boetes opgelê word.

Vanaf 6 November 2020 word huiswerkers ingesluit en beskerm deur COIDA (Compensation for Occupational Injuries and Diseases) wetgewing.  Huiswerkers kan dus vergoeding ontvang in die geval van besering, siekte, ongeskiktheid of afsterwe.  Daar is ook addisionele vergoeding vir oorlewende gades en kinders.

Werkgewers van huiswerkers moet by die WCA registreer deur die W.As.2 vorm in te vul.  Die vorm is beskikbaar op die Departement van Arbeid se webtuistes of enige plaaslike kantoor van die Departement.  By registrasie ontvang die werkgewer ‘n bewys van registrasie en registrasienommer.

Nuwe werknemers moet binne sewe (7) dae van die eerste dag in diens by WCA geregistreer word, hierdie sperdatum is egter nie van toepassing op huiswerkers nie, alhoewel die Kommissaris werkgewers aanmoedig om te registreer sonder verdere vertragings.  Tydelike huiswerkers word ingesluit by die COIDA wetgewing.

Die W.As.8 CF 2A vorm is die jaarlikse vergoedingsvorm wat deur die werkgewer voltooi en ingedien moet word.

Die jaarlikse assesseringsfooi, wat deur die werkgewer betaalbaar is, word bereken op die werknemer se vergoeding gedeel deur ‘n 100 maal met die assesseringstarief (in die geval van huiswerkers: 1.04).

Die jaarlikse sperdatum is 31 Maart vir die voorafgaande jaar se assesserings en heropen weer op 1 April vir die volgende jaar se indiening.

Die assesseringstarief is gebaseer op die spesifieke take wat die werknemer verrig asook die risiko’s daaraan verbonde.  Die tariewe word jaarliks hersien, en volgens wetgewing sal huiswerkers in Klas M val, subkategorie 2500.

Eise deur die werknemer of die werkgewer moet binne 12 maande vanaf die besering, siekte, ongeskiktheid of sterfte ingedien word by WCA.  Vergoeding kan die mediese onkoste, tydelike ongeskiktheid, permanente ongeskiktheid en sterftevoordele insluit.  In die geval van ‘n besering of siekte sal ‘n dokter getaak word om die mediese verslag te voltooi.

Alhoewel die Kommissaris die fondse sal administreer wat die werknemer toekom, sal die werkgewer die eerste drie (3) maande na die besering die kostes moet dra, wat dan weer deur die Kommissaris terugbetaalbaar sal wees.

Werkgewers wat nie registreer nie of nie die assesserings jaarliks betaal nie, kan boetes en vervolging in die gesig staar in geval van ‘n besering, siekte of afsterwe aan diens.

Hoeveel gaan dit kos?

Indien ‘n huiswerker R200 per dag verdien of R50 700 ‘n jaar, vir ‘n vyf-dag werksweek, sal die som as volg lyk:

R50 700 / 100 = R507  X 1.04 = R527.28

Die werkgewer sal dus R527.28 moet oorbetaal aan die vergoedingskommissaris om te voldoen aan die nuwe wetgewing.

Dit sluit ook nie die werkgewers se verpligting om hulle huiswerkers vir WVF (Werkloosheid Versekerings Fonds) te registreer uit nie.  Hierdie opgawes moet maandeliks ingedien word om werknemers in staat te stel om van die WVF te eis indien hulle aftree, of hulle werk verloor.

Neem asb. kennis dat op hierdie stadium (soos op 30 Maart 2021) die Departement van Arbeid se aanlynstelsel nie beskikbaar is nie.

Indien u enige verdere inligting verlang of navrae sou hê in verband met die registrasie of jaarlikse indiening, kan u Dawfré Theron kontak by dawfre@fhbc.co.za

Source Reference:

Nuttige skakels en verwysings:
Domestic workers’ compensation: Here’s how much employers are required to pay per year https://www.businessinsider.co.za/domestic-workers-compensation-heres-how-much-employers-will-need-to-pay-to-the-fund-2021-3
Mahlangu and Another v Minister of Labour and Others [2020] ZACC 24 http://www.saflii.org/za/cases/ZACC/2020/24.html
Amended Act – Compensation for Occupational Injuries and D\205
https://www.golegal.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Compensation-for-Occupational-Injuries-and-Diseases-Act-30-of-1993.pdf
Government Gazette 10.03.2021 No 44250 (PDF)
W.As.2 – Registration Form (PDF)
Register with the Compensation Fund
https://www.gov.za/services/compensation-fund/register-compensation-fund#

MISSED THE DEADLINE FOR FINANCIAL EMIGRATION? WHAT NOW?AFSTANDDOENING VAN ERFENIS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services