3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
SAMEWERKINGSOOREENKOMSTE TUSSEN BESIGHEIDSVENNOTE

SAMEWERKINGSOOREENKOMSTE TUSSEN BESIGHEIDSVENNOTE

3January 18, 2021May 4, 2021
By FHBCIn Legal, Uncategorized

Ons het sopas ‘n jaar wat baie uitdagings gebied het gegroet, maar so ook staan ons aan die begin van ‘n nuwe jaar met nuwe uitdagings en nuwe voornemens om beter te doen, veral ten opsigte van ons besigheidsbeplanning en -bedrywighede.

Ongeag die formaat waarin ‘n besigheid tussen twee of meer individue gedryf word (hetsy in die vorm van ‘n vennootskap, beslote korporasie of maatskappy) is ‘n onderlinge samewerkingsooreenkoms waarin die verhouding en samewerking tussen die partye duidelik uiteengesit word, baie belangrik.

Wetgewing (soos die Maatskappy Wet 71 van 2008 en die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984) stel sekere statutêre vereistes waaraan die administrasie van ‘n besigheidsentiteit moet voldoen en optrede waartoe hetsy aandeelhouers van ‘n maatskappy of lede van ‘n beslote korporasie verbind is.

Bykomend hiertoe, is dit van kritiese belang dat aandeelhouers of lede, en ook vennote in ‘n vennootskap, die onderlinge verhouding, verpligtinge, verantwoordelikhede en optrede van die betrokke persone uiteensit.  Dit skep sekerheid en verseker dat daar konsekwent opgetree word binne die entiteit waarin die besigheid tot wedersydse voordeel van die betrokke partye en in belang van die besigheid, deur die onderskeie betrokke persone gehandel word.

Elke maatskappy behoort dus ‘n Aandeelhouersooreenkoms in plek te hê, ‘n beslote korporasie ‘n Assosiasie Ooreenkoms en binne ‘n vennootskap behoort die vennote hulself te verbind deur middel van ‘n Vennootskapsooreenkoms.

Watter aangeleenthede behoort in hierdie tipe samewerkingsooreenkomste vervat te wees?  Die volgende aangeleenthede gelys is (onder andere) inderdaad van belang en behoort daar onderling eenstemmigheid en uitsluitsel te wees tussen die partye oor die wyse waarop hierdie aangeleenthede hanteer sal word:

  • Verpligte of nie-verpligte bydraes en alternatiewe reëlings vir befondsing van die besigheid;
  • Waarborge en sekuriteits-ondernemings deur partye ten gunste van die besigheid;
  • Voorkoopsregte en sakekontinuїteitsbeplanning (aftrede, afsterwe en permanente ongeskiktheid);
  • Terme en voorwaardes van onderlinge koop en verkoop van belange en die nodigheid van versekering;
  • Wyses waarop waardebepalings (waardasies van belange) toekomstig gedoen sal word by koop/verkoop van belange;
  • Waar gelyke belange gehou word, stappe te neem in geval van ‘n dispuut of dooiepunt tussen die partye;
  • Verdeling van verantwoordelikhede en werksverpligtinge onderling.

Hierdie lys bevat natuurlik nie uitsluitlik alle aangeleenthede wat in so ‘n onderlinge ooreenkoms vervat moet wees nie, maar dit behoort die basis te vorm en enige ander relevante en belangrike aangeleenthede, na gelang van die behoefte van die partye en die aard van die betrokke besigheid, sal bepaal watter addisionele aangeleenthede wel voor voorsiening gemaak behoort te word.

Aangesien die inhoud van ‘n aandeelhouers- / assosiasie- / vennootskapsooreenkoms nie in alle gevalle vir alle besighede soortgelyk sal wees nie, is dit belangrik dat die ooreenkoms opgestel word om in die spesifieke behoefte van die besigheid en die betrokke persone te voldoen.

Dit is dus belangrik dat u, wanneer u ‘n nuwe besigheid begin in samewerking met ‘n ander persoon of persone, of waar u reeds betrokke is by ‘n besigheid en daar geen skriftelike onderlinge ooreenkoms in plek is nie, ernstige oorweging skenk aan die saamstel van ‘n samewerkingsooreenkoms en is onderlinge kommunikasie tussen betrokke persone van kritiese belang ten einde ‘n goeie, werkbare en afdwingbare dokument saam te stel ten einde die belange van die betrokke individue sowel as die besigheid te beskerm.  Die samestelling van so ‘n samewerkingsooreenkoms kan potensieel kompleks wees en is dit raadsaam om ‘n kundige professionele persoon te kontak vir bystand in die verband.

Indien u hulp of advies benodig met die saamstel van ‘n samewerkingsooreenkoms, kontak gerus vir Lorraine Oosthuysen by lorraine@fhbc.co.za.

Source Reference:

Maatskappy Wet 71 van 2008
Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984

PERSONEELNUUSCAPITAL GAIN – WHEN TO DECLARE IF A TRANSACTION SPANS OVER MORE THAN ONE YEAR

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services