3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
KAN EKSEKUTEURSVERGOEDING ONDERHANDEL WORD?

KAN EKSEKUTEURSVERGOEDING ONDERHANDEL WORD?

2August 31, 2020August 31, 2020
By FHBCIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Eksekuteursvergoeding waarop die Eksekuteur van u boedel geregtig is, word deur Wetgewing gereguleer en beloop tans 3,5% (Plus BTW) van die totale batewaarde van u boedel.

Die aangestelde Eksekuteur sal egter ook geregtig wees om 6% vergoeding te eis op alle inkomstes (bv. rente, huur en/of dividende) wat na sterfdatum ontvang word en wat deur die Eksekuteur namens die boedel gevorder word totdat die finale afhandeling en verdeling van die boedel se bates plaasvind.

Indien ‘n instelling as Eksekuteur benoem word, sal die Eksekuteursvergoeding waarna hierbo verwys word van toepassing wees en sal die instelling onder geen verpligting wees om enige afslag op die voorgeskrewe tariewe te oorweeg nie.

Dit is dus raadsaam om deeglike oorweging te skenk aan wie as Eksekuteur van u boedel moet optree.

Daar is ook verskeie wyses waarop die benoeming van ‘n Eksekuteur en die onderhandeling van Eksekuteursvergoeding hanteer kan word.

Ons som graag ‘n paar opsies kortliks soos volg op:

  1. Eksekuteursvergoeding kan met die opstel van u Testament met u benoemde Eksekuteur onderhandel word en die ooreengekome tarief behoort dan in die Testament omskryf en vasgestel te word;
  2. Die langslewende gade of ‘n ander familielid kan as Eksekuteur benoem word.  Die benoemde Eksekuteur kan dan na afsterwe van die Testateur verskeie instansies nader om ‘n kwotasie te kry om die administrasie van die boedel namens hom/haar te behartig.  Ons beveel egter aan dat die benoemde Eksekuteur kennis moet neem van sy/haar benoeming en ook moet begryp dat hy/sy die Eksekuteursvergoeding behoort te onderhandel;
  3. Baie persone bou egter ook ‘n jarelange verbintenis met ‘n spesifieke firma op en dit is moontlik dan hulle keuse om die betrokke instelling as Eksekuteur van hul boedel te benoem.  Die kliënt maak weens die verhouding met die instelling daarop staat dat die instelling die administrasie van sy/haar boedel in die beste belang van alle betrokke partye sal hanteer en dat ‘n billike vergoeding ten opsigte van die administrasie van die boedel gehef sal word.  Dit is nie verkeerd nie, maar hier is uiteraard steeds risiko’s aan verbonde, aangesien die instelling uiteindelik die diskresie het om te bepaal watter vergoeding van toepassing sal wees.

Dit blyk dus duidelik dat Eksekuteursvergoeding slegs gedurende u leeftyd en tydens die opstel van u Testament onderhandel kan word, mits die langslewende of ander familielid as Eksekuteur van u boedel benoem word en gevolglik in ‘n posisie geplaas word, waar hy/sy die Eksekuteursvergoeding van u boedel kan onderhandel.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

EMPLOYEES’ TAX DEDUCTION FOR HOME OFFICE EXPENSES (COVID-19)KANSELLASIE VAN VASTE TERMYN KONTRAKTE, U REGTE EN DIE VEBRUIKERSBESKERMINGSWET

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services