3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
KAN U DIT BEKOSTIG OM TE STERF?

KAN U DIT BEKOSTIG OM TE STERF?

2February 4, 2020February 4, 2020
By Marius VorsterIn Estates and Trusts

Twee dinge is seker, naamlik die dood en belasting.

fhbc_dec_mailer_01_03Mens kan dus daarvoor beplan, maar ongelukkig besef te min mense wat die kostes van ‘n boedel behels en word daar dus nie voldoende voorsiening daarvoor gemaak nie.  Dit veroorsaak nie net finansiële probleme nie, maar dit belaai ook ‘n reeds emosioneel traumatiese tyd vir die familie.

Die administrasieproses van ‘n boedel met ‘n waarde bo R250,000 kan die volgende kostes insluit:

Meestersgeld 

Hierdie fooi is betaalbaar aan die Meester van die Hooggeregshof en word op ‘n glyskaal, afhangende van die waarde van die boedel, bereken.  Dit wissel tussen R600 en R7,000 en is byvoorbeeld R3,800 op ‘n boedelwaarde van R2,000,000.

Eksekuteursfooi 

Huidige wetgewing bepaal dat die fooi 3.5% van die bruto waarde van die boedel soos op datum van afsterwe is.  Alhoewel die fooi deur wetgewing gereguleer word, kan dit ten tye van die opstel van u testament met die genomineerde eksekuteur onderhandel word.  Dit is egter belangrik om te besef dat daar verskeie faktore is wat in ag geneem moet word wanneer ‘n fooi onderhandel word, soos byvoorbeeld die kompleksiteit, risikos, likiditeit en waarde van die boedel.

Advertensiekoste 

Huidige wetgewing bepaal dat twee advertensies in die staatskoerant en plaaslike koerant geplaas moet word, naamlik die advertensie aan krediteure en debiteure sowel as die advertensie dat die likwidasie- en distribusierekening vir inspeksie ter insae lê.  Hierdie koste beloop normaalweg ongeveer R1,500.

Koste van die Aktebesorger 

Alhoewel daar nie hereregte betaalbaar is wanneer ‘n vaste eiendom uit die boedel na ‘n erfgenaam oorgedra word nie, moet die Aktebesorger wel betaal word om die eiendom oor te dra.  Hierdie koste word op die waarde van die eiendom bereken en is byvoorbeeld ongeveer R35,000 op ‘n eiendom met ‘n waarde van R2,000,000.

Erfbelasting

Die Aktebesorger moet ‘n uitklaringsertifikaat by die Munisipaliteit aanvra voordat die eiendom oorgedra kan word.  Hierdie sertifikaat sal slegs uitgereik word indien die erfbelasting en geskatte munisipale dienste tussen drie en ses maande vooruit vereffen word en kan dus ‘n paar duisend rand beloop.

Belasting 

Sterfte vorm ‘n beskikking vir kapitaalwinsbelasting wat deel uitmaak van die inkomstebelasting aanslag.  Inkomstebelasting moet tot datum van afsterwe aangeslaan en vereffen word voordat die boedel afgehandel kan word.

‘n Boedel word vrygestel van boedelbelasting op ‘n batewaarde onder R3,500,000.  Boedelbelasting is egter betaalbaar teen ‘n koers van 20% op die eerste R30,000,000 van die belasbare boedel en daarna teen 25% op die belasbare boedel oor R30,000,000.

Eise

Voorsiening moet ook gemaak word vir moontlike eise soos die volgende:

  • Begrafniskoste
  • Mediese uitgawes
  • Verbande en verbandkansellasiekoste
  • Voertuigfinansiering
  • Oortrokke fasiliteite, lenings, kredietkaarte, winkelkaarte ens.
  • Onderhoudseise en moontlike aanwaseise

Dit is dus raadsaam dat u kundige advies verkry en dat die nodige boedelbeplanning gedoen word sodat u voldoende voorsiening kan maak vir die uitgawes in u boedel.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

WHEN DOES A PERSONAL SERVICE PROVIDER QUALIFY AS A SMALL BUSINESS COMPANY?PERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services