3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

0September 2, 2019September 3, 2019
By FHBCIn Office and Personnel

Twee van ons Direkteure, Jacobus Maree en Hendrik Rabie, het die naweek van 10 Augustus deelgeneem aan die Transbaviaans, die 24uur bergfietsresies van 230 km vanaf Wilowmore na Jeffreysbaai.  Jacobus en sy spanmaat het die resies binne 12 ure voltooi.  Hendrik en sy spanmaat het die resies binne 14 ure 21 minute voltooi.  Veels geluk met hierdie goeie prestasie.  Die personeel is baie trots op hulle.

transbaviaans_07

Nissan Trailseeker het op 17 Augustus ‘n bergfietsresies aangebied en op 18 Augustus ‘n “trail run”.  Beide die bergfietsresies en die “trail run” het by Bosman Family Vineyards, net buite Wellington, begin.  Hendrik Rabie (Direkteur) het aan die 65 km bergfietsresies deelgeneem, terwyl Pierre la Grange (Rekeningkundige klerk) die 45 km aangedurf het.  Santie Oberholzer (Direkteur) en Elri Theron (Debiteure en Administratiewe assistent) het 10 kilometer gedraf, terwyl Annemarie Edwards (Finansiële en Rekeningkundige Bestuurder) en Lizette Vorster (Boedelberedderaar) die 5 kilometer te voet aangedurf het.

nissan_07

As deel van Vrouemaand het Advokaat Lorraine Oosthuysen op 12 Augustus die eerste- en derdejaar studente van Isa Carstens toegespreek met die Tema:  “Empowerment of women through knowledge”.  Lorraine het advies gedeel oor hoe om ‘n eie besigheid te begin, finansiële onafhanklikheid en ‘n paar punte oor verskillende tipes dienskontrakte uitgelig.  Die studente het die sessie as baie insiggewend ervaar en met hul toestemming deel ons die foto’s soos vanaf hulle ontvang.

carstens_07

Op Saterdag 17 Augustus was die Vrouedagbyeenkoms deur PSG Insure, PSG Wealth Oxfordstraat en FHBC aangebied, met die tema van “Wat as…”.  Ongeveer 160 dames het die byeenkoms bygewoon.  Daar was twee hoofsprekers.  Die eerste spreker het oor finansiële onafhanklikheid gesels en riglyne gegee oor hoe om finansieël ingelig te wees.  Die tweede spreker se bemoedigende woorde het elkeen oor haar droom in die lewe laat dink en hoe om voorbereid te wees, al sou onvoorsiene negatiewe gebeure oor haar pad kom, om steeds haar droom te kan navolg.  Die dag was baie insiggewend en ons kry baie positiewe terugvoer.  Dankie aan elkeen wat die byeenkoms onvergeetlik gemaak het.  Volgende jaar maak ons weer so.

vrouedag_06

Vrydag 6 September is Loslitdag en die tema is “Time to Shine”.  Die personeel sal weer individueel en in spanverband deur beoordelaars teen sekere kriteria punte verdien.  Die dag word afgesluit met ‘n partytjie vir die viering van verjaarsdaggroep 3 se verjaarsdae, waartydens die wenners vir Loslitdag ook aangekondig sal word.

Op Sondag 22 September neem Gavin Fraser (Rekeningkundige klerk) deel aan die Karoo to Coast bergfietsresies.  Die roete is 95.95 km vanaf Uniondale na Knysna.  Alle sterkte word Gavin toegewens.

BATES EN U HUWELIKBURSARIES AND SCHOLARSHIPS IN THE WORKPLACE: INVEST IN YOUR TEAM

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services