3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
U BOEDEL EN BOEDELBELASTING

U BOEDEL EN BOEDELBELASTING

3January 14, 2019April 9, 2020
By FHBCIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Vanaf 1 Maart 2018 is die koers waarteen boedelbelasting gehef word verhoog van 20% tot 25% op die “belasbare waarde” van boedels met ‘n waarde van meer as R30 miljoen.

Vir alle ander boedels met ‘n waarde van meer as R3,5 miljoen tot en met R30 miljoen bly die koers waarteen boedelbelasting gehef word op 20%.

Wat presies is hierdie ‘belasbare waarde’ en wat is ingesluit by die berekening van boedelbelasting?  Boedelbelasting in Suid-Afrika word gehef op die ‘belasbare boedel’ van ‘n afgestorwe individu – dit wil sê alle eiendom na toelaatbare aftrekkings, wat insluit skuld, begrafnis- en sterfbedkoste, administrasiekoste, bates wat aan ‘n nagelate gade toeval, asook die eerste R3,5 miljoen van die boedelwaarde.

KORTING EN UITSLUITINGS: 

In terme van die bepalings van Artikel 4A van die Boedelbelastingwet word ‘n korting van R3,5 miljoen toegestaan.  Bemakings aan kwalifiserende openbare weldaadsorganisasies en bates wat aan die langslewende gade vererf, kwalifiseer ook as aftrekkings.

Enkelbedragvoordele, betaalbaar uit Suid-Afrikaanse pensioen-,voorsorg-en/of uittredings-annuïteitsfondse word nie as geagte bates beskou nie en is gevolglik ook nie onderhewig aan boedelbelasting nie.

LEWENSVERSEKERING: 

Ingevolge Artikel 3 (3) (a) van die Boedelbelastingwet word die opbrengs van ‘n lewensversekeringspolis as bate in die boedel van die oorledene beskou, behalwe in die volgende gevalle:

  • Die polis is begunstig aan die nagelate gade;
  • Die Kommissaris is tevrede dat:
  1. Die polis verkry is deur ‘n persoon wat op sterfdatum die oorledene se vennoot was of ‘n aandeel of belang in ‘n maatskappy gehou het waarin die oorledene op sterfdatum ook ‘n aandeel of belang gehad het;
  2. Geen premie op die polis is deur die oorledene betaal nie.

‘n Baie belangrike aspek wat gereeld verkeerd geinterpreteer word is dat Polisse wat bv. aan ‘n Trust of familielid begunstig word, vrygestel sal wees van boedelbelasting omdat die opbrengs van die Polis nie deur die boedel vloei nie, maar direk na die Trust.  Hierdie aanname is egter heeltemal foutief, want die opbrengs van Polisse wat buite die boedel begunstig word, word steeds as geagte bates beskou en is dus onderhewig aan boedelbelasting.

Dit is dus belangrik om kennis te neem dat indien ‘n Polis van bv. R2 Miljoen aan u Trust begunstig word, die Trust potensieël aanspreeklik sal wees om pro-rata tot die totale boedelbelasting betaalbaar by te dra.

Boedelbelasting in die bedrag van R400 000-00 (R2 Miljoen x 20%) sal in hierdie geval deur die Trust betaalbaar wees.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

FOOD FOR THOUGHT ON SUBSISTENCE ALLOWANCESPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services