3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
VRUGGEBRUIKER EN BLOOTEIENAAR

VRUGGEBRUIKER EN BLOOTEIENAAR

3December 4, 2018December 4, 2018
By Marius VorsterIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Ons ontvang gereeld navrae oor wat die verantwoordelikhede van die vruggebruiker en die blooteienaar onderskeidelik is.

Kom ons maak net eers seker dat daar nie verwarring oor wie die vruggebruiker en wie die blooteienaar is nie.

‘n Tipiese bemaking sal soos volg lyk:

“Ek bemaak my onroerende eiendom geleë te Kusweg aan my seun, Piet, en my dogter, Santjie, in gelyke dele.  Hierdie bemaking is onderhewig aan die uitdruklike voorwaarde dat my eggenote Bettie, ‘n lewenslange vruggebruik oor die eiendom sal geniet.”

In hierdie voorbeeld is die kinders, Piet en Santjie, dan die blooteienaars en die eggenote, Bettie, die vruggebruikster.  Dit beteken dan ook dat na Bettie lewenslank geregtig sal wees om die eiendom gratis te bewoon en ná haar afsterwe sal die vruggebruik gekanselleer word en verkry die kinders dan volle eiendomsreg.
Daar onstaan baie dispute oor wat die vruggebruiker se verantwoordelikhede is en waarvoor die blooteienaar dan verantwoordelik is.

Kortliks is die vruggebruiker verantwoordelik vir die normale instandhouding van die eiendom, maar is nie verplig om toe te sien tot enige herstelwerk of verbeteringe wat die gevolg is van normale slytasie nie.  Verder is die vruggebruiker verantwoordelik vir die maandelikse eiendomsbelasting en dienste, maar nie die versekering van die eiendom nie.

Dit sou egter in die beste belang van die blooteienaars wees om die eiendom verseker te hou, aangesien die eiendom uiteindelik hulle bate en gevolglike verlies sou wees in die geval van brand of skade.

Teen hierdie agtergrond is dit dus ook belangrik om seker te maak dat die langslewende of enige ander persoon aan wie die vruggebruik verleen word, wel by magte is om dit finansieël te kan bekostig om die verantwoordelikhede hierbo gemeld te kan aanspreek.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

“Change is inevitable, except from a vending machine”. Namibia: A Tax updatePERSONEELNUUS

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services