3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
OP WATTER STADIUM KAN ‘N EKSEKUTEUR MET BATES HANDEL?

OP WATTER STADIUM KAN ‘N EKSEKUTEUR MET BATES HANDEL?

0November 15, 2018November 16, 2018
By Marius VorsterIn Estates and Trusts

fhbc_nov_rocketmailer_01_03Daar ontstaan gereeld die foutiewe aanname dat ‘n eksekuteur onmiddellik na afsterwe by magte is om met die oorledene se bates te handel.

Alhoewel die eksekuteur in ‘n Testament genomineer kon word, is hy nie by magte om met die boedelbates te handel alvorens hy nie formeel deur die Meester van die Hoë Hof aangestel is nie.

Die genomineerde eksekuteur doen aansoek om sy aanstelling deur die Meester van die Hoë Hof met die oorspronklike Testament, Sterfkennis, Inventaris, Aanneming van Eksekuteurskap en ander toepaslike dokumentasie te voorsien.

Die spoedige aanstelling van die eksekuteur is belangrik en dit is dus ook van kardinale belang dat die korrekte brondokumente en ander aanvullende dokumentasie aan die Meester gelewer word, om te verseker dat daar nie enige vertragings met die registrasie en aanstelling van die eksekuteur is nie.

Dit is uiteraard ook op hierdie vroeë stadium van die administrasie-proses van die boedel duidelik hoe belangrik dit is om ‘n kundige en professionele persoon, wat ook gereelde skakeling met die Meesterskantore het, as eksekuteur te benoem en so ver moontlik enige vertragings te vermy.

Die aanstelling is goedgekeur en die eksekuteur kan met sy pligte begin, wanneer die Meester ʼn Eksekuteursbrief uitreik, wat die eksekuteur magtig om die administrasie van die boedel van die oorledene te hanteer.

Die aanstelling van ‘n eksekuteur neem normaalweg enige iets van 3 tot 4 weke, maar dit kan in sommige gevalle ietwat langer neem en in sekere uitsonderlike gevalle selfs 3 maande en langer.

‘n Redelike algemene probleem is dat die oorledene (of dan sy boedel) oor voldoende fondse beskik om die begrafniskoste te betaal, maar omdat die eksekuteur nog nie aangestel is nie, weier meeste finansiële instellings om fondse beskikbaar te stel om vir die begrafniskoste te betaal.

Artikel 11 van die Boedelwet bepaal egter dat indien ‘n oorledene oor fondse beskik, finansiële instellings wel by magte is om voor die uitreiking van die eksekuteursbrief fondse beskikbaar te stel om aan die oorledene ‘n behoorlike begrafnis te besorg.

Ter wille van u gesin se gemoedsrus, besin dus deeglik oor wie u as eksekuteur van u boedel benoem en maak seker die persoon is kundig en is aktief betrokke in die vakgebied.

Indien daar enige navrae is, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

DOEN U BESIGHEID MET BUITELANDSE PARTYE? DRIE KERNREËLS VAN “TRANSFER PRICING” WAARVAN U MOET WEET.PERSONEELNUUS

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services