3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
TESTAMENT EN HANDGESKREWE GEDEELTES

TESTAMENT EN HANDGESKREWE GEDEELTES

1October 2, 2018October 2, 2018
By Marius VorsterIn Estates and Trusts

fhbc_oct_rocketmailer_01_07Dit gebeur gereeld dat ‘n persoon in ‘n posisie verkeer waar hy/sy onder druk sekere kritieke veranderinge tot ‘n Testament oorweeg en moet aanbring.

Die logiese benadering sou wees om bloot die veranderinge in eenvoudige handskrif aan te bring of moontlik net die gedeelte wat nie meer van toepassing is nie deur te streep en die verandering in eenvoudige handskrif aan te bring.

Die vraag is egter of handgeskrewe gedeeltes of geskrewe veranderinge tot ‘n Testament geldig is al dan nie.

Die antwoord is ja, maar dit kan teen ‘n prys kom.

Artikel 4A(1) van die Wet op Testamente (Wet 7 van 1953) bepaal dat enige persoon wat ‘n testament as ‘n getuie teken of ‘n testament onderteken in die teenwoordigheid en in opdrag van die testateur, of wat die testament of enige deel daarvan in sy eie handskrif skryf en die persoon wat die eggenoot is van sodanige persoon ten tyde van die verlyding van die testament sal gediskwalifiseer word om enige voordeel uit daardie testament te ontvang.

Ondanks die bepalings van subartikel (1) – (A) kan ‘n hof verklaar dat ‘n persoon of sy gade bedoel in subartikel (1) bevoeg is om ‘n voordeel van ‘n testament te ontvang indien die hof oortuig is dat daardie persoon of sy gade nie die testateur onbehoorlik beïnvloed het nie.

Die vraag wat dus ontstaan is of die persoon of die gade van sodanige persoon wat veranderinge in sy/haar handskrif aangebring het, die Testateur bedrieg het of onbehoorlik beïnvloed het in die uitvoering van die Testament.

Dit kan dus baie maklik gebeur dat die gade of kind van ‘n Testateur uit onkunde en op instruksie van die Testateur sekere veranderinge tot die Testament aanbring.

Uiteraard het die persoon glad nie die bedoeling gehad om hom of haar te verryk, nog minder om die Testateur onbehoorlik te beïnvloed nie, maar dit kan drastiese gevolge hê en dit kan die betrokke persoon etlike duisende rande kos om die teendeel by wyse van ‘n Hofbevel te bewys.

Daar is ook nie enige waarborge dat so ‘n Hofaansoek suksesvol sal wees nie.

Ons beveel dus aan dat enige veranderinge of aanpassings tot ‘n Testament gedoen word deur die persoon of firma wat die Testament opgestel het en daar behoort geen handgeskrewe veranderinge tot ‘n Testament aangebring te word nie.

Vir meer inligting, kontak Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

VERKOOPSTRANSAKSIES TUSSEN VERWANTE MAATSKAPPYE: WAAROM WORD HIERDIE PRYSE GEREGULEER? ‘N INLEIDING TOT “TRANSFER PRICING”PERSONEELNUUS

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services