3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
VERGOEDENDE REISTOELAAG – TOE EN NOU

VERGOEDENDE REISTOELAAG – TOE EN NOU

0July 2, 2018July 3, 2018
By FHBCIn Tax Compliance and Administration

fhbc_july-rocketmailer_01_07Die vergoedende reistoelaag word bereken deur die werklike afstand vir besigheidsdoeleindes gereis te vermenigvuldig met die voorgeskrewe tarief per kilometer, vasgestel deur die Minister van Finansies (wat vrygestel kan wees van inkomstebelasting) of ‘n tarief soos deur die werkgewer vasgestel.

Die toepassing van die vergoedende reistoelaag het vanaf 1/3/2018 verander.

Die beste plek om te begin is natuurlik met hoe die vergoedende reistoelaag gewerk het voor 1/3/2018.

  • ‘n Toelaag of vooruitbetaling wat gebaseer is op die werklike kilometers gereis vir besigheidsdoeleindes (vergoedende toelaag) is nie belasbaar nie, maar die volle bedrag moes op die IRP5 aangedui word onder kode 3703 of 3702.
  • Die tabel hieronder was gebruik om te bepaal langs watter kode op die IRP5 die vergoedende toelaag aangedui moes word:
Geval Moet LBS bereken word IRP5 kode
‘n Vaste reistoelaag betaal Ja 3701
Petrol/diesel en enige ander uitgawes betaal deur werkgewer Ja 3701
Vergoedende toelaag NIE meer as die voorgeskrewe tarief per km en reis NIE meer as 12 000km. GEEN ANDER reistoelaag ontvang nie. Nee 3703
Vergoedende toelaag MEER as die voorgeskrewe tarief per km. Werkgewer het nie LBS afgetrek nie, maar op persoonlike aanslag is die werknemer belas op volle bedrag. Nee 3702

Vergoedende toelaag vanaf 1 Maart 2018:

  • Daar is nou n addisionele IRP5 kode = 3722
  • Kortliks:
    • Kode = 3703 – Vergoedende toelaag NIE meer as die voorgeskrewe tarief per km en GEEN ANDER reistoelaag ontvang nie.
      Verandering = die beperking tot ‘n sekere hoeveelheid kilometers (bv. 12 000km vir 2018 belastingjaar) is nie meer van toepassing nie.
    • Kode = 3702 – Vergoedende toelaag teen meer as die voorgeskrewe tarief per km. Werkgewer trek nie LBS af nie, maar op persoonlike aanslag is die werknemer belas op volle bedrag as ‘n gewone reistoelaag.
      Geen verskil
    • Kode = 3722 – Nuwe kode.
      SARS vat nooit ‘n beperking weg sonder om iewers net ‘n ander plan te maak om die moontlike verlies iewers weer op te maak nie.
      Kode 3722 is vir die bedrag wat die werkgewer meer betaal as die voorgeskrewe tarief vir die vergoedende toelaag.

      Beste manier om die nuwe kode 3722 te verduidelik is met 2 voorbeelde:

      Voorbeeld 1:

      Geen reistoelaag.
      Voorgeskrewe tarief = R3.61 maar die werkgewer betaal R4.61 en die werknemer het 1000km gereis vir besigheid.
      Dus:
      Kode 3702 = R3 610 (R3.61 x 1000km) – Geen LBS
      Kode 3722 = R1 000 [(R4.61 – R3.61) x 1000km)] – LBS moet bereken word op hierdie bedrag deur werkgewer.

      Voorbeeld 2:

      Reistoelaag = R5 000.00
      Voorgeskrewe tarief = R3.61 maar die werkgewer betaal R4.61 en die werknemer het 1000km gereis vir besigheid
      Dus:
      Kode 3701 = R5 000.00 – LBS moet bereken word op hierdie bedrag deur werkgewer.
      Kode 3702 = R3 610 (R3.61 x 1000km) – Geen LBS
      Kode 3722 = R1 000 [(R4.61 – R3.61) x 1000km)] – LBS moet bereken word op hierdie bedrag deur werkgewer.

      Op die individu se persoonlike belastingvorm gaan SARS kode 3701 + 3702 + 3722 bymekaar getel word en ten volle belas word.

      Uitgawes kan geeïs word soos vorige jare.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Adri Britz by abritz@fhbc.co.za

Source Reference

http://www.sars.gov.za/AllDocs/OpsDocs/Guides/PAYE-GEN-01-G03%20-%20Guide%20for%20Employers%20in%20respect%20of%20Allowances%20-%20External%20Guide.pdf

HOE WERK UIF TYDENS KRAAMVERLOF?A7C EN TRUSTS: WATTER INVLOED HET DIT OP U?

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services