Die belangrikheid om u Eksekuteur reg te kies, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Na ons mening is dit raadsaam om u Eksekuteur reg te kies.
Ons beveel normaalweg aan dat die langslewende of ander familielid as Eksekuteur benoem word, sodoende kan die genomineerde persoon ‘n keuse uitoefen, wie hom/haar sal bystaan met die administrasie van die boedel en kan die administrasiekostes ook met ‘n kundige persoon onderhandel word.
Indien die langslewende of familielid as Eksekuteur benoem word, is die kanse goed dat die persoon nie self die administrasie van die boedel sal kan behartig nie en sal hy/sy nie ‘n keuse hê om hulle tot ‘n kundige persoon te wend nie.
Dit gebeur ongelukkig dan in baie gevalle so dat die benoemde persoon oningelig is en nie besef dat hy/sy die eksekuteursvergoeding met ‘n kundige persoon kan onderhandel nie en uiteindelik word die administrasie van die boedel teen die maksimum tarief (3,5% van totale batewaarde Plus 14% BTW) behartig.
Laasgenoemde was uiteraard nie die Testateur se behoefte nie en in hierdie geval het dit dus geen voordele ingehou om ‘n familielid as Eksekuteur te nomineer nie.
Na ons mening sou dit raadsaam wees om reeds gedurende u leeftyd ‘n besluit te neem oor wie of watter firma die administrasie van u boedel sal behartig en dat die eksekuteursvergoeding met die betrokke persoon of instansie onderhandel word en dat die ooreengekome administrasiekostes in u Testament vasgemaak word.
Dit beteken nie dat die langslewende of ander familielid of vriend nie as mede-eksekuteur(e) benoem kan word nie, maar ten minste is dit dan nie nodig dat daar ten tyde van afsterwe met ‘n voornemende agent oor kostes onderhandel hoef te word nie.
Dit sou natuurlik ook sin maak dat u ‘n persoon of firma benoem met wie die familie voorheen besigheid gedoen het, met wie se dienste en diens u vertroud is en sou u selfs daarop kon aandring dat die voornemende Ekseuteur u met verwysings voorsien van boedels wat in die verlede deur die betrokke persoon of firma geadministreer was.
‘n Persoon of firma met deeglike kennis van u finansiële sake sou ook sinvol wees. Indien u nie vertroud is met die persoon of firma wie u benoem se vermoeë nie, gaan u, u in alle waarskynlikheid in ‘n posisie bevind waar die persoon nie oor die nodige kennis en vaardighede beskik om die administrasie van die boedel glad te laat verloop nie.
‘n Persoon of firma met ondervinding weet byvoorbeeld presies watter dokumentasie deur die Meesterskantore vereis word om ‘n sterfgeval te rapporteer. Behalwe dus vir die gewone vertragings by die Meesterskantoor, behoort die aanstelling van die boedel glad te verloop.
Die teendeel is dat ‘n onkundige persoon, met rapprtering van die boedel die dokumente of inligting aan die Meester lewer, wat in hul oordeel nodig is en kan dramatiese vertragings in die aanstelling van ‘n Eksekuteur hê.
Dink dus mooi oor wie u as Eksekuteur benoem en onthou “Experience is the teacher of all things”
Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za