3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
VRUGGEBRUIK EN DIE VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE VRUGGEBRUIKER

VRUGGEBRUIK EN DIE VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE VRUGGEBRUIKER

10September 7, 2017September 7, 2017
By Marius VorsterIn Estates and Trusts

Wat is vruggebruik?fhbc_sept-rocketmailer_01_03

‘n Vruggebruik is die reg wat aan ‘n persoon gegee word om die eiendom van ‘n ander te gebruik en te geniet en gevolglik voordeel uit die eiendom te neem, gewoonlik lewenslank, maar die vruggebruik kan ook vir spesifieke tydperke, bv. 10 jaar gegee word.

Ons bespreek vruggebruik aan die hand van twee voorbeelde:

  1. Onroerende eiendom:
    Ek bemaak my onroerende eiendom geleë te Rosestraat 3, Wellington aan my seun, Klein Piet, onderhewig aan my eggenote se lewenslange vruggebruik. Die eggenote sal dus geregtig wees om so lank as wat sy leef in die eiendom te bly en na haar afsterwe sal die vruggebruik gekanselleer word en sal die seun volle eiendomsreg oor die eiendom verkry.
  2. Kontantbemaking:
    Ek bemaak ‘n kontantlegaat ten bedrae van R500 000-00 aan my dogter, Saartjie, onderhewig aan my eggenote se lewenslange vruggebruik. Die eggenote sal dus geregtig wees op die rente van die belegging van die fondse en na haar afsterwe sal die bedrag van die legaat aan die dogter betaalbaar wees.

Die seun en dogter in die voorbeelde hierbo, staan bekend as die blooteienaars.

Die vruggebruiker se verantwoordelike:

Herstelwerk en uitgawes
Die vruggebruiker is verplig om die eiendom na die beste van sy/haar vermoë in stand te hou en is verantwoordelik vir alle normale instandhoudingskostes en uitgawes om die eiendom te onderhou. Die vruggebruiker is egter nie verantwoordelik vir normale slytasie of enige strukturele verbeterings of versterkings wat nodig mag wees om te vehoed dat die gebou bouvallig word nie, of enige skade wat veroorsaak was deur natuurrampe bv. swaar reën nie. Laasgenoemde uitgawes is die blooteienaar(s) se verantwoordelikheid. Die vruggebruiker is wel verantwoordelik vir die betaling van munisipale belastings en heffings. Die betaling van versekeringspremies berus egter ook by die blooteienaar.

Verbeterings
Die vruggebruiker is nie geregtig op vergoeding vir verbeterings wat hy/sy op die eiendom aanbring nie. Soos in die geval van meeste huurooreenkomste, sou die vruggebruiker wel die verbeterings kon verwyder, mits hy/sy alle skade veroorsaak deur die verwydering van die verbeteringe herstel.

Vervreemding
‘n Vruggebruiker mag nie die eiendom vervreem of beswaar nie, maar hy/sy sou wel die eiendom kon verhuur en sou dan geregtig wees op die huurinkomste. Die eiendom sal wel voor die einde van die vruggebruikstermyn verkoop kon word, mits die vruggebruiker en blooteienaar(s) toestemming verleen dat die eiendom verkoop mag word.

Indien daar enige navrae is, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

SOUTH AFRICAN RESIDENTS WORKING ABROAD – IMPORTANT CHANGESPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services