3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
TRUST- EN LENINGSREKENINGE – GEVAARLIGTE BRAND

TRUST- EN LENINGSREKENINGE – GEVAARLIGTE BRAND

1November 7, 2016July 7, 2017
By Marius VorsterIn All Categories, Estates and Trusts

Op promulgering, sal Artikel 7C na verwagting op 1 Maart 2017 in werking tree en sal dan van toepassing wees op alle jare van aanslag wat daarna volg.

Huidige Praktyk

Dit gebeur redelik algemeen dat ‘n trust ‘n eiendom koop, maar dat die koopsom bv. deur een van die trustees befonds word. Die koopsom bly deur die trust aan die individu, wat die koopsom befonds het, verskuldig en word as ‘n leningsrekening in die trust se finansiële state aangedui. Algemene praktyk is dat die lening nie onderhewig is aan rente nie, sodat die trust dan die bate verkry sonder enige direkte koste aan die een kant en aan die ander kant word die aanvanklike koopsom as waarde in die persoon wat die lening gemaak het, se boedel vasgepen. Enige groei in die tersaaklike eiendom sal dus vrygestel wees van boedelbelasting. Verder kan die lening ook jaarliks verminder word met die maksimum bedrag wat jaarliks vrygestel is van skenkingsbelasting (R100 000-00), sodat die eiendom uiteindelik geen waarde in die persoon se boedel het nie.

In watter gevalle sal die voorgestelde Artikel 7C van toepassing wees?

• Wanneer ‘n individu ‘n lening aan ‘n trust maak; geen rente deur die trust op die lening betaalbaar is nie en die individu wat die lening gemaak het, ‘n *verbonde persoon tot die trust is;
• Die lening aan die trust gemaak word deur ‘n maatskappy en die persoon wat die lening maak is *verbonde tot die maatskappy; en
• Rente word gehef, maar teen ‘n laer koers as die *amptelike rentekoers soos in die Sewende Bylae by die Inkomstebelastingwet, Nr 58 van 1962 (Wet).

*Verduidelikings:

‘n Verbonde persoon is verbonde aan die trust as hy of enige familielid ‘n begunstigde van die trust is.
‘n Verbonde persoon tot ‘n Maatskappy is enige persofon wat afsonderlik of gesamentlik met ‘n ander verbonde persoon regstreeks of onregstreeks ten minste 20% van die aandelekapitaal of stemregte van die maatskappy hou.

Die amptelike koers is 1% bo repo en is tans 8%.

Wat is die implikasies van Artikel 7C?

Indien die gevalle hierbo van toepassing is, sal dit die volgende tot gevolg hê:
• Rente sal geag word teen die amptelike koers;
• Die berekende rente sal as belasbare inkomste geag word en sal dus belasbaar wees in die hande van die individu van wie die lening ontvang was;
• Indien die lener versuim om die rente as deel van sy belasbare inkomste te verklaar, dan sal die lening as ‘n donasie beskou word en sal skenkingsbelasting (20%) op die bedrag van die lening betaalbaar wees.

Afsluiting

Alhoewel Artikel 7C nog nie gepromulgeer is nie, blyk dit duidelik dat die fokus op trusts jaarliks verskerp en dat die son waarskynlik gaan sak op die gloriedae van die rentevrye lening aan trusts.

Tot tyd en wyl die wysigingswetgewing nie gepromulgeer is nie, kan daar egter nie voortgegaan word met daadwerklike beplanning nie, maar daar behoort deeglik kennis geneem te word van die voorgestelde wysigings.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

SECTION 16(2)(G) OF THE VALUE-ADDED TAX ACT – ALTERNATIVE DOCUMENTARY PROOFVOLMAG EN HANDELSBEVOEGDHEID

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services