3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
INTESTAAT EN U EKSEKUTEUR

INTESTAAT EN U EKSEKUTEUR

3June 29, 2016July 7, 2017
By Marius VorsterIn All Categories, Estates and Trusts

Soos ons in verlede maand se Artikel bespreek het, is ‘n Eksekuteur die persoon wat benoem word (normaalweg in terme van ‘n Testament) om die administrasie van ‘n persoon se boedel te behartig.

Indien ‘n persoon egter Intestaat (sonder ‘n geldige Testament) te sterwe sou kom moet daar ‘n ander proses gevolg word om ‘n Eksekuteur te benoem en aan te stel.

‘n Eksekuteur is nie by magte om voort te gaan met die administrasie van ‘n boedel of om enige inligting te bekom m.b.t. die waarde van die oorledene se bates alvorens hy nie formeel aangestel is nie.

Die benoemde Eksekuteur doen aansoek om aanstelling as Eksekuteur by die Meester van die Hoë Hof in die distrik waarin die oorledene woonagtig was.

Indien ‘n persoon Intestaat te sterwe kom, is daar uiteraard nie ‘n Eksekuteur testamentêr benoem nie en moet die Intestate erfgename (normaalweg die oorledene se gade en kinders) onderling besluit wie hulle as Eksekuteur gaan benoem en aanstel.

Dit is egter belangrik om kennis te neem dat indien die Eksekuteur wat genomineer word, nie die oorledene se gade, ‘n ouer of kind van die oorledene is nie, die persoon nie vrygestel is van die lewering van sekuriteit nie.

Dit beteken dus dat die genomineerde Eksekuteur (bv. ‘n Prokureur of ander familielid) sekuriteit aan die Meester sal moet stel vir die waarde van die boedel.

Die Eksekuteur moet dan ‘n Versekeringsmaatskappy nader en aansoek doen vir ‘n Borgakte tot die waarde van die boedel.

Laasgenoemde prosesse kan tydrowend wees en daar is uiteraard ook addissionele kostes verbonde aan die uitreiking van ‘n Borgakte deur ‘n Versekeringsmaatskappy.

Die volgende dokumentasie moet dan Oorspronklik aan die betrokke Meesterskantoor gelewer word om die genomineerde Eksekuteur formeel aan te stel:

  • Sterfkennis.
  • Inventaris van bates.
  • Naasbestaande Beëdigde Verklaring.
  • Nominasies deur al die erfgename waarin hulle ‘n Eksekuteur nomineer.
  • Borgakte, indien die genomineerde Eksekuteur nie vrygestel is van sekuriteit nie.
  • Aanneming van Eksekuteurskap in tweevoud tesame met ‘n gesertifiseerde afskrif van die genomineerde Eksekuteur se identiteitsdokument.
  • Gesertifiseerde afskrif van die Sterftesertifikaat.

Die aanstelling is goedgekeur wanneer die Meester die Eksekuteursbrief uitreik en die eksekuteur is dan gemagtig om voort te gaan met die administrasie van die boedel.

Met enige navrae, kontak asb. vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za

PERSONEELNUUSRETENTION OF RECORDS FOR CC’s & COMPANIES

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services