PERSONEELNUUS

Die Besigheidsliga van die krieket is sterk aan die gang.  Dankie aan die spanlede wat so getrou ons maatskappy verteenwoordig.  Julle goeie sportmangees word opreg waardeer.

krieket_06
Op 6 en 13 Februarie het twee spanne aan die jaarlikse Besigheidsliga van die Rolbalklub deelgeneem.  Die wedstryde het 18h00 saans begin.  Dankie aan die klub se bestuur, veral Sekretaris Frank Jardine, wat jaarliks die toernooi so goed organiseer.  Na ‘n taai stryd het ons twee spanne ‘n gesamentlike sewende plek behaal.  Dankie vir die goeie sportmangees.  Die samesyn met die ander besighede van ons dorp was voorwaar ‘n fees.

rolbal_06
Op 14 Februarie was ons kantore met tooisels van liefde versier.  Dankie aan die nuwe Sosiale komitee wat hiervoor verantwoordelikheid geneem het.  Dankie aan die Direkteure wat rose en sjokolades uitgedeel het.  Dit word opreg waardeer.

valentynsdag_06
Twee Direkteure, Jacobus Maree en Hendrik Rabie, het Saterdag 23 Februarie aan die Imbuko Big Five Bergfietsresies deelgeneem.  Hierdie resies staan bekend as die taaiste een-dag bergfietsresies in Suid-Afrika.  ‘n Klim van 3020m oor ‘n afstand van 75km is verseker ‘n resies wat net deur sekeres aangedurf kan word.  Ons is baie trots op Jacobus en Hendrik wat in sulke goeie tye daardie eindstreep oorgesteek het.

fietry_06
Op 1 Maart het ons ‘n braai gehou as blykie van waardering vir almal se harde werk om die Belastingjaar goed af te sluit en om die Nuwe Belastingjaar te verwelkom.  Ons vier op 29 Maart verjaarsdaggroep 1 se verjaarsdae.