Op 3 Julie 2020 het die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, die regulasies bekragtig wat bepaal wie inkomstebelastingopgawes moet indien vir die 2020 jaar van aanslag. Hierdie artikel gee ʼn uiteensetting van die persone wat opgawes moet indien en van diegene wat in 2020 vrygestel is van die indiening van opgawes.
