Ons spanbou was Dinsdag 19 Mei 2026 by Wellington se Indoor Sports Hub. Die kollegas was in 12 spanne verdeel en ons het aan ‘n Dodgeball toernooi deelgeneem. Dankie aan die span van Dodgeball SA wie ons spanbou gefasiliteer het. Dankie aan die span van Wellington se Indoor Sports Hub wat al die reëlings moeiteloos laat verloop het. Dankie aan al die kollegas wat met baie ywer deelgeneem het. Ons was veral dankbaar vir span 13, wie verantwoordelikheid geneem het vir die kosvoorbereidings. Weereens veels geluk aan “Trial balance” wat as wenners uit die stryd getree het.
Op 29 Mei het ons van Leigh-Shane Cameron (Junior FICA Administrateur) afskeid geneem. Ons beste wense vergesel Leigh-Shane.
Ook op Vrydag 29 Mei het die kollegas deelgeneem aan Reach for a Dream Foundation se Pantoffeldag. Natuurlik was die plaaslike Wimpy besoek om ‘n koffie of “hot chocolate” te kry.
Ons het op 1 Junie vir Jody-Lee Goliath as Junior Belastingadministrateur welkom geheet en 17 Junie sluit Adri Williams as Rekenmeester by ons aan.
Neem asb. kennis: Weens die vakansiedag van 16 Junie op Dinsdag, is al die kantore van FHBC op Maandag 15 Junie gesluit.













