PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons nuwelinge is al goed op dreef. Gewoonlik braai ons die eerste Vrydag nadat almal weer op kantoor is, maar hierdie jaar moet ons maar bietjie kreatief word om steeds die personeel met ietsie lekkers te kan bederf. Februarie is die maand van die liefde. Ons hou getrou die Covid regulasies dop om seker te maak dat ons binne wetgewing optree, vandaar word ons oggendopeninge in die parkeerarea gehou.

POPIA – SPERTYD VIR VOLDOENING AL NADER

POPIA – SPERTYD VIR VOLDOENING AL NADER

Die spertyd vir voldoening aan POPI Wetgewing is 30 Junie 2021. Indien u nog nie aandag gegee het aan die ontwikkeling van ‘n voldoeningsraamwerk en implementeringsplan ten einde te verseker dat u besigheid tydig voldoen aan die POPI Wet nie, is dit nou die tyd om op te tree. FHBC kan help.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons kon 2020 by ons Jaareindfunksie op ‘n hoë noot afsluit deurdat ons met dankbaarheid kon vier dat ons maatskappy reeds twintig jaar vir kliënte diens lewer. Ons het ook kollegas wat reeds vyf, tien en selfs twintig jaar diens het vereer. Ons verwelkom tien nuwelinge vir 2021 en ons sien uit daarna om die jaar aan te durf.