PERSONEELNUUS

Op 7 September was die personeel in volle swang as “Everyday Heroes” gekleë.  Die Dream Team Rekeningkundige span het die ondersteuningspan in ons kantoor as die “Everyday Heroes” uitgebeeld en daardie bedagsame gebaar van erkenning, het aan hulle die wenprys besorg.  Dankie aan almal se entoesiastiese deelname.

superhero_03
Verjaarsdaggroep 3 se partytjie was ook op Loslitdag gevier.  Dankie aan die groep vir die reëlings en die heerlike versnapperinge!

verjaarsdag_03
Twee van ons Direkteure, Hendrik Rabie en Jacobus Maree, het op 23 September 2018 die 100km van die Karoo to Coast fietsresies afgelê.  Ons is baie trots op hierdie manne se goeie prestasies.  Hulle kan gerus weer in ons FHBC fietsryklere deelneem.

fiets2
Internasionale dag vir Bejaardes is 1 Oktober 2018 gevier.  Ons het vir ‘n heerlike stappie saam met die inwoners van Silwerkruin die strate van Wellington ingevaar.

Op 20 Oktober gaan van ons kollegas die Stoomtrein uitdaging aandurf.  Ongeveer 90 km word op ‘n aflosbasis vanaf Wellington na Tulbagh afgelê.  Die spanne bestaan uit fietsryers en drawwers.  In ons volgende nuusbrief gee ons weer hieroor terugvoer.

Tydens Oktober word ons herinner aan persone wat tans ‘n stryd teen kanker voer en ons vier saam fees oor elke stukkie genesing en oorwinning wat ervaar word.  Ons kantoor sal dus in pienk getooi word.