PERSONEELNUUS

Augustus was Vrouemaand en ons dames het ‘n “Mental Self-Defence” sessie as deel van selfbemagtiging bygewoon.

vrouedag_06
Jacobus Maree (een van ons Direkteure) en sy drie spanmaats het die 240km van die Transbaviaans fietsresies in 12 ure, 22 min afgelê. Hulle pronk in FHBC klere, wat verseker daardie ekstra motivering verskaf het.

fiets_09
7 September ondersteun die personeel oudergewoonte Loslitdag. Ons vier ook verjaarsdaggroep 3 se verjaarsdae dieselfde middag.

loslit