PERSONEELNUUS

Op 12 Julie het 14 manne (personeel en vriende van ons Kantoor) die pad Richmond toe aangedurf om die jagveld in te vaar.  15 Julie het hulle weer op tuisbodem aangekom, met vele stories en goeie herinneringe.

jag_10
Op 14 Julie was die personeel met ‘n sop-en-brood kuiertjie bederf, net die regte medisyne om die winter-koue te stuit.

Op Madibabag van 18 Julie het ons personeel die geleentheid aangegryp om vir 67 minute by Huis Andrew Murray Kinderhuis Boeresport speletjies saam met die kinders in die winterson te geniet.  Dankie vir almal se betrokkenheid.

boeresport_03
Venessa Williams, Junior HR Bestuurder, het bedank.  Ons beste wense vergesel haar vir haar loopbaan vorentoe.  Ons het op 21 Julie van haar afskeid geneem.

vanessa_06
Op 9 Augustus het ons Vrouedag gevier.

Vanaf 21 Augustus is Adv Lorraine Oosthuysen deel van ons span.  Sy sluit aan as Regsadviseur en met haar aanstelling brei FHBC die kundigheidspoel uit om ook regsadvies in kommersiële aangeleenthede as diens aan ons kliënte te bied.